Bekende Tandarts 36 Keer Gesteek Deur sy Aanvaller
Die aanval het plaasgevind op ‘n gewilde pad deur die Nahoon Point Nature Reserve, wat gereeld deur drawwers, swemmers en strand stappers gebruik word. Die pad loop deur ‘n gebied van herwonne kusduine en bos, die bos is naby die afdraai na die Ooste Bank Herwinning Werke. Kevin Cole, die Nahoon Point Nature Reserve bestuurskomitee het gesê die aanval op Coetzee was ‘n wakker maak oproep vir hulle almal.Coetzee sterk by die huis aan nadat hy twee nagte by die Life Beacon Bay-hospitaal
deurgebring het. Volgens Coetzee het sy tryd begin terwyl hy gedraf
het saam ander vyf hardlopers. Hy het blykbaar gestop om water af te
slaan naby die pompstasie, dit toe ‘n goed-geklede man in sy middel-30s uit die bos, gewapen met ‘n klein mes gekom het. Die ander drawwers is reeds buite bereik afstand. Coetzee het nie geluid gemaak nie en die aanvaller teengestaan.
Hy het met sy rug teen ‘n rots geval terwyl die verdagte bo-op hom was en verwoed voort gegaan het om hom te steek met die mes. Die ergste steek wonde is blykbaar op sy linkerarm en lies opgedoen. Die verdagte het buit gemaak van sy motorsleutels en ‘n T-hemp. Coetzee het gesê dat hy na die aanval opgestaan het, sy selfoon uit sy sak gehaal het en sy seun gekontak het om hulp te ontbied. Hy is na St Dominic‘s Hospitaal gehaas voordat hy oorgeplaas is na Life Beacon Bay.
Volgens kaptein Mluleki Mbi het die aanval plaasgevind omdat Coetzee die roof teengestaan het. Hy het gesê dat nieemand nog in hegtenis geneem is nie en dat ‘n saak van roof is ondersoek word – Dispatch Life
No comments:
Post a Comment