Vrou Wat Verkragting Rapporteer Aangeval – SAPD-Man Aangehou
DURBAN
– ‘n Polisieman het verlede Woensdag in die Umbumbulu Magistraatshof
verskyn op aanklag daarvan dat hy ‘n vrou wat die verkragting van haar
dogter wou aanmeld, aangerand het. Aldus die verklaring van ‘n
Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD).
“Die saak is tot
23 Mei uitgestel om geleentheid te bied vir ‘n aansoek om borgtog,” het
‘n segsman, Moses Dlamini gesê. Die 45-jarige sersant is glo Woensdag in
hegtenis geneem na aanklagte dat hy ‘n vrou wat ‘n klag wou indien teen
die verkragting van haar dogter, sou aangerand het.
Die ondersoek is
geloods nadat die Daily Sun koerant berigte gepubliseer het van ‘n vrou
wat aangerand is toe sy ‘n aanklag wou indien teen die verkrtagting van
haar dogter, en sy fotos geneem het omdat die polisiebeampte haar nie
wou help nie. Dlamini het aangevoer dat “Die sersant het haar aangerand,
en haar kop teen die toonbank gekap, ten aanskoue van die publiek.”
Klaarblyklik het
daar vroeër in Desember ook ‘n aanranding plaasgevind toe hy moes omsien
na ‘n klagte van huis-moles. “Die polisie het ‘n man beveel om ‘n
interim-bevel te teken nadat hy deur die sersant aangerand is.” – Sapa
Red – Umbumbulu is ‘n Swart woonbuurt suid van Durban.
No comments:
Post a Comment