Friday, May 29, 2015

Bekende Tandarts 36 Keer Gesteek Deur sy Aanvaller

Bekende Tandarts 36 Keer Gesteek Deur sy Aanvaller

 
bloodmurder-300x159  OOS LONDEN – ‘n Bekende Oos-Londen tandarts Dr Francois Coetzee (69) is op Donderdag omstreeks 17:30 deur ‘n deftige verdagte aangeval en 36 keer gesteek in die Oos-Kaap.
Die aanval het plaasgevind op ‘n gewilde pad deur die Nahoon Point Nature Reserve, wat gereeld deur drawwers, swemmers en strand stappers gebruik word. Die pad loop deur ‘n gebied van herwonne kusduine en bos, die bos is naby die afdraai na die Ooste Bank Herwinning Werke. Kevin Cole, die Nahoon Point Nature Reserve bestuurskomitee het gesê die aanval op Coetzee was ‘n wakker maak oproep vir hulle almal.Coetzee sterk by die huis aan nadat hy twee nagte by die Life Beacon Bay-hospitaal deurgebring het. Volgens Coetzee het sy tryd begin terwyl hy gedraf het saam ander vyf hardlopers. Hy het blykbaar gestop om water af te slaan naby die pompstasie, dit toe ‘n goed-geklede man in sy middel-30s uit die bos, gewapen met ‘n klein mes gekom het. Die ander drawwers is reeds buite bereik afstand. Coetzee het nie geluid gemaak nie en die aanvaller teengestaan.
 
Hy het met sy rug teen ‘n rots geval terwyl die verdagte bo-op hom was en verwoed voort gegaan het om hom te steek met die mes. Die ergste steek wonde is blykbaar op sy linkerarm en lies opgedoen. Die verdagte het buit gemaak van sy motorsleutels en ‘n T-hemp. Coetzee het gesê dat hy na die aanval opgestaan het, sy selfoon uit sy sak gehaal het en sy seun gekontak het om hulp te ontbied. Hy is na St Dominic‘s Hospitaal gehaas voordat hy oorgeplaas is na Life Beacon Bay.
Volgens kaptein Mluleki Mbi het die aanval plaasgevind omdat Coetzee die roof teengestaan het. Hy het gesê dat nieemand nog in hegtenis geneem is nie en dat ‘n saak van roof is ondersoek word – Dispatch Life


Bejaarde Doodgeslaan met Baksteen Tydens Aanval

bejaarde 4DURBAN – James Quinlin (79) en sy vrou Jill (65) is aangeval op Donderdag middag in hul Glenhills huis in Natal deur ‘n verdagte man wat blykbaar op soek was na werk.
Quinlin is blykbaar doodgeslaan met ‘n baksteen en koper pyp, terwyl sy vrou aangerand en deur haar gesig geslaan is. Die verdagte het Quinlin se selfoon gesteel. Jill Quinlin is erg getraumatiseerd nadat sy haar man by die lykshuis moes gaan identifiseer – Sunette Bridges News Page

No comments:

Post a Comment