Friday, October 3, 2014

Slagoffer herstel bo verwagting vinnig

Slagoffer herstel bo verwagting vinnig


Mnr. Faan van der ­Merwe (69), wat verlede Maandag in ’n plaasaanval opm sy plaas in die gesig geskiet is, is besig om wonderbaarlik te herstel, en stap reeds entjies rond in die hospitaal.Hy het sy seun aangesê om sy skoene en klere van die huis te bring sodat hy uit die bed kan padgee.Sy seun, Andre, sê dat nadat sy pa se operasie om die wond aan sy gesig te herstel, is hy besig om vinnig te herstel maar moet nou verdere behandeling kry van ’n oogspesialis.Mnr. Van der Merwe verkeer nog in die Impala Myn-hospitaal naby Rustenburg en dit is onseker hoe lank hy nog vir behandeling moet aanbly..Die rowers het niks op die plaas gesteel nie, behalwe die .22 handwapen waarmee hulle hom geskiet het tydens die aanval

Oom George Britz is deur BARBARE aangeval

Oom George Britz is  deur BARBARE aangeval op sy plaas op die Vereeniging-Villiers pad. Hy is deur die nek geskiet toe hy van die skaapkraal af huistoe gestap het. Sy vrou is blykbaar ook deur die BARBARE aangeval en is gebyt.


Grootvlei boer en vrou op plaas aangeval

'n 77-Jarige boer van Grootvlei is in die hoësorgeenheid van Netcare Uniehospitaal in Alberton nadat hy Sondagmiddag drie keer in die agterkop en nek geskiet is deur aanvallers wat sy 9mm handwapen by hom afgeneem het.

George Britz (79) en sy vrou Hannatjie Britz het glo Sondagmiddag omstreeks 17:00 onder die aanvallers deurgeloop. Sy is glo deur een van die aanvallers met ‘n skroewedraaier gesteek tydens die aanval.

Die voorval het op die plaas Leeuwfontein naby die R45 tussen Vereeniging en Villiers afgespeel.

Volgens A/O André van der Lith, ‘n polisiewoordvoerder, het twee mans (onderskeidelik 25 en 30) die paartjie by ‘n hek op hul plaas voorgekeer nadat hulle van die bure af teruggekom het.
Volgens Van der Lith was die egpaar in die bakkie. Hulle het glo gestop om ‘n plaashek toe te maak toe die aanvallers op hul toegeslaan het.

“Een van die mans het na bewering die slagoffer se vrou met ‘n skroewedraaier gedreig. Sy is gesteek toe sy die wapen by die man probeer afneem het.”

“Die ander man het tydens die warboel Britz se 9mm pistool en karsleutels gegryp,” sê Van der Lith.

Volgens hom het Britz vir die mans gesê om agter op die bakkie te klim sodat hulle hom na die plaashuis kon vergesel waar hy vir hulle geld sou gee.

“Britz het glo verby die plaashuis gery waarna een van die mans van agter op die bakkie op hom geskiet het” sê Van der Lith.
Volgens die polisieman is daar drie skote afgevuur.

Die mans het daarna per voet gevlug met die vuurwapen.
Geen arrrestasies is nog gemaak nie.

Terroriste vermoor sakeman

Terroriste vermoor sakeman



’n Onbekende aantal terroriste het mnr. Nick Proios, die eienaar van ’n eetplek in Estera, Elsburg, aan die Oos-Rand voor sy huis doodgeskiet.
Sy lewelose liggaam is eers later gevind en hy is op die toneel dood verklaar.
By nadere ondersoek is gevind at hy ’n koeëlwond aan sy nek het.
Na wat berig word is geen artikels gesteel nie, maar die skurke het met beide voertuie van die slagoffer gevlug.
Nioemand is in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die moord.

Vredendal-plaasmoord: Bejaarde glo met eie serp verwurg

Vredendal-plaasmoord: Bejaarde glo met eie serp verwurg

Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop. Foto:WP v Zyl Photography

Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop.
Die gemeenskap van Vredendal in die Wes-Kaap is geruk deur die nuus dat een van hul geliefde inwoners Dinsdagmiddag in ʼn klein plaashuisie vermoor is.
Koba Odendaal (74) het saam met haar dogter, Marita Mather, in ʼn tweeslaapkamerhuis langs ʼn rivier gewoon. Marther het die huis by ʼn boer in die omgewing gehuur.
Mather is ʼn adviseur en werk ongewone ure, het haar dogter Chantelle Peens, Woensdag aan Maroela Media gesê. “My ouma was vroeër die oggend dorp toe en het ook by haar vriendinne en haar niggie gaan kuier,” het sy gesê. Odendaal het vermoedelik omstreeks 12:30 teruggekeer en is deur ʼn onbekende aantal aanvallers by die huis oorweldig. “Sy was tydens die aanval alleen by die huis.”
Mather het haar ma se liggaam in haar slaapkamer aangetref. Sy het in ʼn plas bloed gelê. Haar gesig was geswel en sy het drie steekwonde in haar nek gehad. Sover daar vasgestel kan word, is haar selfoon en beursie gesteel. Die aanvallers het ook die huissleutels gesteel. Peens het gesê die polisie is nog op die toneel vir verdere ondersoek. “Ons sal eers later weet of daar nog items gesteel is,” het sy gesê.
ʼn Nadoodse ondersoek word Donderdag gedoen om die oorsaak van Odendaal se dood te bepaal. “Die polisie vermoed sy is met haar serp gewurg en sy het moontlik terugbaklei totdat hulle haar met ʼn skerp voorwerp aangeval het.”
Mather bly tans by ʼn vriendin in die dorp en beplan nie om verder in die huis aan te bly nie. “Sy staan sterk in hierdie moeilike tyd,” het Peens oor haar ma gesê.
Peens het haar ouma as ʼn groot Christen beskryf wat baie in haar gemeenskap betrokke was. “Sy het absoluut voluit gelewe vir haar God, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Sy het foto’s van ons almal op haar selfoon gestoor, en het gereeld haar agterkleinkinders se foto’tjies op die selfoon se skerm gesoen.”
Odendaal was ook ʼn kraniger naaldwerker en ʼn geliefde inwoner van Vredendal en George, die twee dorpe waar sy die grootste deel van haar lewe deurgebring het.
Kapt. Frederick van Wyk, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het hy gesê. Die ondersoek duur voort. Die polisie versoek enigiemand wat hulle kan bystaan met die saak, om Crime Stop by 08600 1111 te skakel.
Odendaal se troosdiens vind Maandag om 10:00 uit die Vredendal NG Moedergemeente plaas.