Sunday, August 11, 2013

Sunette Bridge

Sunette Bridges posted toBoikot Naspers! Genoeg is genoeg!
Goeiemore! Nòg 'n Sondag en nòg 'n Rapport en nie 'n enkele berig oor die 4 moorde deur BARBARE die week op ons mense nie...

*Gerrit Myburgh (79) wat op 5 Augustus in Heidelberg dood gemartel is.

*Attie Cronje wat op 6 Augustus in Germiston doodgeskiet is tydens 'n kaping.

*Janetta van der Walt (60) wat op 6 Augustus in Margate verkrag en vermoor is.

*Hennie Bentley wat op 7 Augustus aangeval is by Vaalrus en gister oorlede is.

...en dan wonder mense steeds hoekom daar gevra word dat ons Naspers moet boikot! ...en hoekom daar van ons mense is wat nie besef hoe ernstig die situasie is nie!

Ek hoop nie jy spandeer vandag jou geld aan Rapport nie! Sx


 Danksy my geduldige man, kon ek uiteindelik 'n "Wall of Remembrance" op my eie webwerf laai. Ek het al die fotos wat reeds in my album op my vorige blad was daar geplaas en byna die die detail. Ek sal dit oor die naweek voltooi en dan weer begin om nuwe fotos by te sit.

Daar sal ook 'n vorm wees waarop mense vir my nog fotos en detail kan stuur om by te voeg!

Volksmoord het 'n gesig en is nie net name op 'n lys van statistieke nie! Sx

http://sunettebridges.co.za/wall-of-remembrance/