Sunday, May 12, 2013

Ai man! Ek waag dit nou eers uit my warm kamer... ek't al oorweeg om 'n goeie veearts te gaan opsoek vandag! ...beleef een erge "Sn%#bevalling"!!! ...die soort wat 7 dae vat om beter te word met medisyne en 'n week daarsonder...

Dis ongelooflik om hier te kom lees en nie 'n enkele berig van 'n aanval of moord op my muur te vind nie! Baie dankie aan elkeen wat saam met ons gebid het en die gebed gedeel het. Volgens my FB statistieke is dit die mees gedeelte pos NOG op my muur en bykans 20 000 van ons mense het saam met ons gebid! Ek sien uit na die dag dat dit 100 000 is!

Mooi aand vir almal van julle! Sx
 
  Onse Vader wat in die hemel is,
Dit gaan nie goed met ons ou Volkie nie.
Ons leef in ‘n tyd van groot onsekerheid, vrees en hartseer
Ons begrawe ons Pa’s, Ma’s, Seuns en Dogters elke dag
Ons weduwees en wese kry ongelooflik swaar

Vader, ons weet dat geloof sonder dade dood is
En daarom smeek ons U vir wysheid en insig
Vir deursettingsvermoeë, moed en krag
Sodat ons kan weet wat ons moet doen
En dat ons kans sal sien daarvoor.

Ons is uitgelewer aan die bose
Ons weet ook dat dit wat boos is
Slegs kan seëvier vir solank ons niks doen om dit te stop nie
Maar ons mense is verdeeld, benoud en bekommerd
Help ons om weer krag te vind in eensgesindheid

En Vader, ons smeek dat U ons mense sal bewaar vanaand
Dat U ons genadig sal wees terwyl ons so vol vrees en onsekerheid is.
Dat U ons opnuut sal wys dat daar krag is in gebed
Maar dat ons ook ons geloof moet LEEF
Nie omdat ons dit verdien nie, maar alleen uit GENADE… Amen
 
Baier dankie vir die Gebet SUNETTE