Friday, January 24, 2014
Jp van der Westhuizen
Kom
nu manne wat gaan aan dat ons mense in julle omgewing so wreed ardig
aangeval word. AWB lede moet nu meer vissible begin te raak so dat mense
weet julle bestaan. Veldkornet Jp vd westhuizen
(Gordon) BEJAARDE (69) HELDER OORDAG OORVAL, BEROOF
By maryke.swart
2014-01-24
RONDGEPLUK: Nico de Vries wys die kneusplekke en snywond wat hy tydens die roof
op sy arms en hande opgedoen het.
’n Pensionaris (69) van Noorder-Paarl is hier helder oordag in sy huis
deur twee mans oorval en beroof.
Nico de Vries van Moederkappiestraat, Noorder-Paarl, het Dinsdag
omstreeks 11:50 in sy leefvertrek gesit met die skuifdeur oop.
Hy het opgestaan om die deksel van die drukker, wat op ’n tafel naby die
skuifdeur staan, te verstel toe twee mans deur die oop deur die huis
binnekom en hom van agter oorval het. Hulle het hom gegryp en sy hande
met ’n koord agter sy rug vasgebind. “Hulle het seker gesien ek staan
met my rug na die deur en het my van agter af gegryp,” het De Vries
gesê.
Die twee mans, gewapen met ’n mes en ’n hamer, het geld geëis.
De Vries het gesê hulle kan sy beursie, wat op ’n kas in ’n binnevertrek
gelê het, vat.
Hulle het die beursie met sowat R130 in, leeggemaak. Hulle het hom toe
na sy kamer geneem en wou weet waar die kluis is.
Toe hy hulle inlig dat hy nie ’n kluis het nie, het hulle al wat ’n
portret en spieël is opgelig om te kyk of hy die waarheid praat. Toe
hulle niks kry nie, het hulle ’n rugsak in sy kamer gegryp en dit begin
volmaak met alles wat hulle kon kry, onder meer gloeilampe. “Hy (een van
die verdagtes) het my nog gevra of dit werk.
“Ek weet nie wat hulle als ingepak het nie.”
De Vries sê hierna is hulle terug na die leefvertrek waar hulle vleis,
koeldrank, biltong en droëwors uit die yskas geneem het. Hulle het ook
sy sigarette, sigaretaansteker en selfoon gevat.
Daarna het hulle te voet gevlug.
De Vries het, met sy hande steeds agter sy rug vasgebind, oorkant die
pad hulp gaan soek. Daar het sy buurvrou, Maria Smit, en ’n vriendin,
Miemie Roux, gehelp om sy hande los te maak.
Die nooddienste is ontbied en paramedici het hom op die toneel vir
kneusplekke en ’n snywond wat hy in die aanval op sy arms en hande
opgedoen het, behandel.
“Hulle het my rof behandel. Die een met die hamer wou my net heeltyd
vrek geslaan het. Ek mag nie gegil het nie. Die ander een het net
heeltyd gekeer.”
De Vries, wat die afgelope nege maande in die huis woon, sê hy is
teleurgesteld dat so iets gebeur het. “Hoeveel kere gee ek ouens wat
hier kom, kos. Hulle kon net gevra het.”
De Vries se seun, Kobus, het gesê hy was geskok toe hy ’n oproep van sy
pa ontvang.
“Hy sê toe dis oukei, ek hoef nie te kom nie, maar ek dink toe net by
myself ek kan hom nie so los nie.”
Kobus het ook dadelik ’n skuifhek gaan koop om voor die skuifdeur aan te
bring.
“Ek het net dadelik besluit om die huis meer te beveilig.”
Kapt. Louise du Plessis, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van huisroof
word ondersoek.
Die twee verdagtes is steeds op vrye voet.
Subscribe to:
Posts (Atom)