Friday, January 24, 2014

Birdy - People Help The People [Official Music Video]

Jp van der Westhuizen


Kom nu manne wat gaan aan dat ons mense in julle omgewing so wreed ardig aangeval word. AWB lede moet nu meer vissible begin te raak so dat mense weet julle bestaan. Veldkornet Jp vd westhuizen
(Gordon) BEJAARDE (69) HELDER OORDAG OORVAL, BEROOF By maryke.swart 2014-01-24 RONDGEPLUK: Nico de Vries wys die kneusplekke en snywond wat hy tydens die roof op sy arms en hande opgedoen het. ’n Pensionaris (69) van Noorder-Paarl is hier helder oordag in sy huis deur twee mans oorval en beroof. Nico de Vries van Moederkappiestraat, Noorder-Paarl, het Dinsdag omstreeks 11:50 in sy leefvertrek gesit met die skuifdeur oop. Hy het opgestaan om die deksel van die drukker, wat op ’n tafel naby die skuifdeur staan, te verstel toe twee mans deur die oop deur die huis binnekom en hom van agter oorval het. Hulle het hom gegryp en sy hande met ’n koord agter sy rug vasgebind. “Hulle het seker gesien ek staan met my rug na die deur en het my van agter af gegryp,” het De Vries gesê. Die twee mans, gewapen met ’n mes en ’n hamer, het geld geëis. De Vries het gesê hulle kan sy beursie, wat op ’n kas in ’n binnevertrek gelê het, vat. Hulle het die beursie met sowat R130 in, leeggemaak. Hulle het hom toe na sy kamer geneem en wou weet waar die kluis is. Toe hy hulle inlig dat hy nie ’n kluis het nie, het hulle al wat ’n portret en spieël is opgelig om te kyk of hy die waarheid praat. Toe hulle niks kry nie, het hulle ’n rugsak in sy kamer gegryp en dit begin volmaak met alles wat hulle kon kry, onder meer gloeilampe. “Hy (een van die verdagtes) het my nog gevra of dit werk. “Ek weet nie wat hulle als ingepak het nie.” De Vries sê hierna is hulle terug na die leefvertrek waar hulle vleis, koeldrank, biltong en droëwors uit die yskas geneem het. Hulle het ook sy sigarette, sigaretaansteker en selfoon gevat. Daarna het hulle te voet gevlug. De Vries het, met sy hande steeds agter sy rug vasgebind, oorkant die pad hulp gaan soek. Daar het sy buurvrou, Maria Smit, en ’n vriendin, Miemie Roux, gehelp om sy hande los te maak. Die nooddienste is ontbied en paramedici het hom op die toneel vir kneusplekke en ’n snywond wat hy in die aanval op sy arms en hande opgedoen het, behandel. “Hulle het my rof behandel. Die een met die hamer wou my net heeltyd vrek geslaan het. Ek mag nie gegil het nie. Die ander een het net heeltyd gekeer.” De Vries, wat die afgelope nege maande in die huis woon, sê hy is teleurgesteld dat so iets gebeur het. “Hoeveel kere gee ek ouens wat hier kom, kos. Hulle kon net gevra het.” De Vries se seun, Kobus, het gesê hy was geskok toe hy ’n oproep van sy pa ontvang. “Hy sê toe dis oukei, ek hoef nie te kom nie, maar ek dink toe net by myself ek kan hom nie so los nie.” Kobus het ook dadelik ’n skuifhek gaan koop om voor die skuifdeur aan te bring. “Ek het net dadelik besluit om die huis meer te beveilig.” Kapt. Louise du Plessis, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van huisroof word ondersoek. Die twee verdagtes is steeds op vrye voet.