Thursday, May 2, 2013

Sunette Bridges

Goeiemore! Ek't gister so op 'n manier probeer asem skep van al die aaklige goed wat met ons mense gebeur... maar vanoggend voel ek skoon oorweldig oor alles waardeur ons mense is die afgelope paar dae!

*'n Man van 59 is in Johannesburg deur 'n spul barbare aangeval toe hy met sy rooi bussie, waarmee hy skoolkinders vervoer, gery het. Hulle het hom gestop, sy beursie en selfoon geëis en hom toe met 'n AK47 geskiet. Hy leef, maar sy voet is bykans vebrysel en sy bene is vol gate!

*Christo Viljoen (47) is by sy huis deur 3 BARBARE aangeval en in sy nek geskiet deur die sitkamerruit. Hulle het niks gevat nie. ...was nie eers in die huis nie. Hy is net geskiet. Hy het bes moontlik permanente skade aan sy stembande.

*In Roodepoort, op Ontdekkersweg, het 'n trop van 8 BARBARE 'n bus gekaap. Hulle was gewapen met gewere en messe. Hulle het die mense aangerand, hul selfone, skootrekenaars, geld en juwele gevat en 'n vrou met 'n mes gesteek. Hulle het die busdrywer beveel om hulle op 'n spesifieke plek af te laai voor hy kon ry na die Flora Kliniek sodat die mense behandeling kon kry.

*In Vanderbijlpark is Tannie Aletta Opperman (79) doodgery deur 'n taxi terwyl sy, soos sy al die afgelope 30 jaar doen, oppad was om vir haar vriende te gaan kuier. Die taxi het haar teen 'n hoë spoed getref en toe bo-oor haar gery.

*Buite Witbank, op die Naauwpoort plotte, het 'n trop BARBARE op 'n gastehuis toegeslaan. Hulle het 'n jong man vasgebind, gewurg, sy klere, geld, ID dokument en motor gesteel en gevlug. In hul jaagtog het hulle op die polisie geskiet en toe die motor op die Vandyksdriff-pad gelos en te voet gevlug.

...net nog 'n dag of wat in die land van ons... Sx

No comments:

Post a Comment