Tuesday, April 16, 2013

Hier is my Ode aan ons Gestorwe Volksgenote...
Hys die Vierkleur langs my graf
En gooi een oor my kis
Berus dan in die wete
Dis hier waar ek wil rus
My Oupa en my Pa rus ook hier neffens my
Vir alles hier in bloed betaal
Maar nou is ons weer vry

Ek vra jou om opreg te bly
En my nooit te vergeet
Om steeds die goeie stryd te stry
En lewenslank te weet
Die Volk waaraan jou hart behoort
Is vasgemaak aan hierdie grond
Verbind aan ‘n Verbond

Die Vader van ons vaders
Het ons tot hier gebring
Ons moet weer leer om kind te wees
Ons moet Sy lof besing
Ons moet opnuut die knie weer buig
En ons Geloftes eer
Want iewers in die toekoms
Sal Sy volk weer regeer

En dan my seuns en dogters
Moet jul die vlag kom haal
En hom weer hys op Kerkplein
Ons God sal ons nooit faal…

No comments:

Post a Comment