Friday, February 28, 2014

Censorbugbear Reports

The bodies of a couple from Valhalla, Pretoria were found on Friday-morning February 28 2014 in their home. The double-murder may have been committed the previous night. The housekeeper came across their bodies and warned the neighbours who alerted the SAPS. The dead woman's car is missing, two handguns were taken from the safe and the son also is missing.
(JP) Die lyke van 'n egpaar van Valhalla is Vrydagoggend in hul huis ontdek.

Die dubbele moord het waarskynlik Donderdagaand plaasgevind.

Hul huiswerker het op die lyke afgekom toe sy vir diens gaan aanmeld het.

Sy het gehardloop om die egpaar se bure te ontbied wat toe op hul beurt die polisie ontbied het.

Die polisie sê die oorlede vrou se motor is weg en twee vuurwapens is uit die kluis geneem. Die kluis was oopgesluit en daar was geen gedwonge toegang tot die huis of die kluis nie.

Hul enigste seun wat saam met hulle in die huis woon, word vermis en die polisie soek na hom.

No comments:

Post a Comment