Tuesday, April 30, 2013

 
(Gordon) Vriendin se selfoon geroof

Man skiet bosslaper glo dood
Dinsdag 30 April 2013

Pretoria. - 'n Bosslaper (21) is Dinsdag in 'n veld in Atterburyweg doodgeskiet deur 'n 25-jarige man wat sy meisie se geroofde iPad se sein na die veld toe nagespeur het.
Dit volg nadat die meisie Dinsdagoggend net voor 09:00 in Garsfonteinweg naby die N1 in 'n grypdiefvoorval betrokke was.
Sy het haar kêreld gebel, wat die iPad gespeur het, het kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder vir die Brooklyn-polisiekantoor, gesê.
Die man 'n aantal waarskuwingskote in die veld afgevuur.
Polisiebeamptes wat by 'n nabygeleë vulstasie was, het dadelik na die veld gegaan en die skietery gestop.
Die polisie het die bosslaper aangetref met 'n skietwond in die kop.
Hy is op die toneel dood.
Die skieter is op die toneel in hegtenis geneem weens moord.
Die geroofde iPad en selfoon is gevind.
Vier verdagtes is in verband met die rooftog in hegtenis geneem.

No comments:

Post a Comment