Tuesday, April 30, 2013

Sunette Bridges
 Meer detail oor die 3 aanvalle in Noordwes!

Die man en vrou wat gisteraand aangeval is op Qdrom is albei steeds in die hospitaal. Hulle is albei ouer as 80! Ek het hul name, maar sal dit later eers bekend maak. Hulle is met hamers aangeval en baie erg gemartel. Die Oom is ook geskiet en is in 'n kritieke toestand.

Die mense wat Woensdagaand aangeval is op Mooinooi is Bakkies en Tony Buys. Hulle is ook albei bejaard. Die BARBARE het 'n sak oor die oom se kop getrek en gedreig om sy vrou te verkrag. Die Tannie het terugbaklei en is baie erg aangerand. Sy het talle messteek wonde op haar onderlyf opgedoen terwyl haar man magteloos moes aanhoor hoe sy vrou gil! Sy het ook in die proses haar trouring ingesluk en dit moes chirurgies verwyder word.

In 'n derde aanval in die gebied is Cas Kruger, sy vrou Sylvia, Cas se suster Sandra en haar vriend Saterdagnag aangeval op hul plaas Kroondal, naby Rustenburg deur 3 BARBARE! Hulle is by die huis ingewag met hul terugkeer van 'n orkesoefening. Hul honde was vergiftig, hul alarm gedeaktifeer, hulle is aangerand en beroof van hul geld, kos, kontant en al hul musiekintrument­e!

Dit bring die totale aantal ernstige aanvalle in die Noordwes die afgelope 5 maande tot 15, waarvan 3 voorvalle in die afgelope 5 dae was. Daar is 8 van ons mense in die aanvalle vermoor. 3 is verkrag. 1 is verlam. 5 is steeds in die hospitaal. Sx

No comments:

Post a Comment