Friday, May 10, 2013

Boere Krisis Aksie (B.K.A.)


(Gordon) Twee gee ander skuld vir moord op gesin

Vrydag 10 Mei 2013

Die twee mans wat teregstaan op die wrede moorde op ’n egpaar en hul 12-jarige seun in Walkerville in 2011 het gister die skuld op twee ander mans gepak – mans wat die staat aanvoer “skimme is” en nie bestaan nie.

Sipho Mbele (25) en Patrick Petrus Radebe (22) het gister wéér in die Vereeniging-streekhof ontken dat hulle Tony Viana (53), sy vrou, Geraldine (42), en hul seun, Amaro (12), vermoor het.

Die gesin is op 1 Oktober 2011 in hul huis in Walkerville oorval. Mbele en Radebe het albei gister getuig dat ene Snacks en ene Themba die moorde gepleeg het.

Ruben Chabalala, die aanklaer, het gesê dat Snacks en Themba “skimme” is en nooit deur Mbele of Radebe genoem is nie nadat hulle in hegtenis geneem is.

Die twee beskuldigdes het getuig dat hulle onder (op die grondvlak) in die huis was toe Snacks en Themba die gesin bo in die huis vermoor het.

Hulle het ook aangevoer dat hulle nie die lyke gesien het nie.

Volgens Chabalala het albei beskuldigdes kort ná hul inhegtenisneming afsonderlik volledige verklarings afgelê waarin hulle die moorde in die fynste besonderhede beskryf het – inligting wat hy sê net die moordenaars sou weet.

Mbele en Radebe het gister beweer dat hulle gedwing is om Geraldine te verkrag, waarop Chabalala geantwoord het dat dít nie in die verklaring staan nie.

“Jy en Radebe het die afskuwelike dade gepleeg?” het Chabalala gevra, waarop Mbele “ja” geantwoord het.

Mbele het erken dat hy die gesin se hond doodgemaak het deur sy buik oop te sny.

Chabalala het foto’s van die toneel aan Mbele gewys.

“Is dit hoe jy Tony vasgebind het?”

“Ja.”

’n Foto is gewys waar ’n bottel in Geraldine se private dele ingedruk is. Volgens Mbele hét hy dit gedoen, want hy was dronk.

’n Foto is ook in die hof gewys van die jong Amaro se lyk, waar dit vasgebind in die bad gelê het.

“Is dit hoe julle hom vasgebind het?”

“Ja.”

Familie van die Viana-gesin het gister met skok gereageer toe Radebe beweer het dat Geraldine gesê het as sy verkrag móét word, sal dit beter wees as hy (Radebe) dit doen, want sy ken hom. Hy was die gesin se tuinwerker.

“As jy gedwing is om haar te verkrag, hoe kon jy ’n ereksie kry?” wou Chabalala weet.

“Ek weet nie. Ek is ook net ’n mens met gevoelens. Sy was kaal.”

Sphiwe David Motaung, wat saam met hulle aangekla is, het op 23 Julie verlede jaar skuld beken op aanklag van huisbraak met die opset om te steel, roof met verswarende omstandighede en opsetlike saakbeskadiging.


 

No comments:

Post a Comment