Monday, May 6, 2013

Is daar mense wat hier kan help asb?

Stuur aan vir mense in Moot area asb. Hulp asb! 26e laan brand. Mamma en 2 dogters was in die Grasdak tuinwoonstel en die ketel het die brand veroorsaak. Als is vernietig. Mamma sit nog in haar slaapklere. Daar is ook 'n boetie wat verkieslik nie nou moet weet wat gebeur het nie. Hy is by 'n maatjie. Ons benodig-skoolklere en skoene asb!!! Mamma - nr 36 klere. nr 5 skoen. Dogter 16jaar (30-32 klere) Magaliesskool 6-7 skoen. Dogter 14jaar (Oos Moot) nr 6-7 skoen. Boetie 10 jaar (Totiusdal) nr 4 skoen. Skoolklere, gewone klere, skoene, Kos, Beddegoed, Badkamergoed vir die dogters, Kos. Kombuisware. Meubels. Mamma se handsak met al haar persoonlike goed. ID, bankkaart ens. As enige iemand weet hoe ons dit moet hanteer om te vervang. Kontak Ilse Croukamp asb 0828215106. Adres om skenkings af te laai 29e Laan 655. Wees so gaaf en stuur aan asb. Elke bietjie help al is dit 'n blikkie kos. Sx

No comments:

Post a Comment