Friday, May 17, 2013

Sunette Bridges

Detail oor die Plaasaanval op Broedersput:

Plaasaanval 07:00 vanoggend naby Broedersput tussen Delareyville en Vryburg. Oom Johnny Nelson en sy vrou is vroeg in hulle huis aangeval deur 4 jong 'plaaswerkers' wat die vorige dag by buurplase gaan verkenning doen het.

Hulle het in 3 daklose ou plaaswerker ruines oornag ongeveer 100m van die woonhuis af, en toe dit lig word (was sterk bewolk en donker), toegeslaan.

Eers het hulle die tannie in n buitegeboutjie toegesluit met die oog om later te verkrag, en toe die oom in die huis verniel. Terwyl hulle met hom besig was, het die tannie ontsnap en na die teerpad gehardloop. 'n Buurman is toe saam met haar terug, waar hulle die 4 nog in die huis betrap het.

Hy het toe een gevange geneem, en 2 het in een rigting weggehardloop, en 1 na die mielielande daar naby. Die buurman het toe die twee wat sigbaar was met sy 9mm pistool gekwes in die boude. Die 2de het hy op 200m afstand met n pistool in die boud getref (wat n skut!).

Intussen het baie van die omgewing se boere opgedaag, en ook die SAP. Die 4de in die mielieland is toe ook vasgetrek, hoewel hy sy spore probeer verberg het.

No comments:

Post a Comment