Thursday, May 2, 2013



Volksmoord steeds kommerwekkend

In ’n eksklusiewe onderhoud met Volksmoord-Projek2010 met die redaksie van Die Vryburger is weereens eerstehandse inligting bekom.
Gedurende April vanjaar is 15 wreedaardige moorde op volksgenote gepleeg.
Bevestigde gevalle wat deur Volksmoord-Projek2010 opgeteken staan vir die tydperk 1 Januarie 




tot 30 April 2013, word nie minder as 53 gevalle aangedui nie. Dit is drie gevalle meer as wat vir die ooreenstemmende tyd in 2012 aangeteken is.

Die bestuur van Volksmoord-Projek2010 wys egter daarop dat daar enkele gevalle is waarvoor nog nie volledige bevestiging verkry is nie, wat die bestaande syfer opwaarts kan beïnvloed.

Die bestuur van Volksmoord-Projek2010 doen weer ’n beroep op lesers om soos verlede keer, positief te reageer op hul versoek om ’n finansiële bydrae te maak. Die Projek word uit volksgenote se sakke gefinansier en bykomende geldelike ondersteuning sal verwelkom word aangesien die fonds op die oomblik ’n laagtepunt bereik het.

Inbetalings kan gemaak word by die volgende bankrekening en donateurs moet seker maak dat die verwysing duidelik ingeskryf is:

Bank: Standard Bank
Rek. Tipe: Tjek
Rekening naam: Oranjekas
Rek. No: 27 124 0490
Takkode: 01 05 45
Verwysing NB! : Projek2010

No comments:

Post a Comment