Friday, June 14, 2013

Jong ma doodgeskiet


Jong ma doodgeskiet

 

Jong ma doodgeskiet

Melinda Lee Bam. Foto: Facebook
ʼn Ma van twee jong dogters is vroeg Saterdagoggend by Bonlati Lodge buite Gravelotte in Limpopo doodgeskiet. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê Melinda Lee Bam (30) is op die toneel dood. Otto sê Bam se lewensmaat Francois Visagie (39) is in die bobeen geskiet en sterk tans in die Tzaneen Mediclinic aan. Otto sê dit is nog nie duidelik of daar drie of vier aanvallers was nie. Die voorval het glo tussen 01:00 en 02:00 Saterdagoggend plaasgevind. Volgens Otto was daar ook vier kinders by die lodge ten tyde van die voorval maar is dit nog nie duidelik of dit Bam se kinders was nie. Otto sê dit is ook nog nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Die verdagtes het glo met ʼn Toyota Fortuner van die toneel probeer vlug maar was onsuksesvol en het te voet gevlug. Otto sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek die saak.

No comments:

Post a Comment