Thursday, May 2, 2013



Die terroriste stryd het swart vryheid gebring

 
 
Jessie Jackson, die Amerikaanse aktivis, het in Pretoria gesê dat die stryd om vryheid in Suid-Afrika gewen is. Hy meen dit is nou tyd om die stryd te begin om ongelykhede uit die weg te ruimHy sê dit is die volgende geslag se taak om die ongelykhede reg te stel.Die swart Amerikaanse aktivis het in Pretoria die “Orde van die Metgeselle van O.R. Tambo” ontvang as erkenning vir sy stryd teen apartheid.Jackson het gesê die mure van skeiding is afgebreek. Die afvalstukke moet gebruik word om brûe mee te bou. Suid-Afrikaners moet nou leer om saam te leef, het hy gesê.Hy het ondermeer gewys op Mandela wat in die tronk verder studeer het. Dit is ’n voorbeeld vir swart Suid-Afrika het hy gesê.Politieke waarnemers en kenners van die terroriste se aanslae op Suid-Afrika, wys daarop dat Jackson en Tutu dieselfde rolle vertolk het in die stryd om heerskappy. Nou word gelykheid die nuwe strydkreet. Dit bevestig dat die Boere-Afrikaner se stryd om volkome vryheid verskerp moet word want dit sal mettertyd onleefbaar word in Suid-Afrika.Die ongelykhede wat deur die ANC op blankes van toepassing gemaak word, is gerieflikheidshalwe verswyg en geïgnoreer. Die sogenaamde affirmative action, die grondgryp wette, die BEE en nog talle ander maatreëls is ingestel om swartes te bevoordeel, het ’n politieke waarnemer gesê.

........................................


No comments:

Post a Comment