Thursday, May 2, 2013


Brandstofprys daal op 1 Mei
Die brandstofprys daal op 1 Mei 2012, vir die eerste keer sedert Januarie. Vanaf eerkomende Woensdag sal 95-oktaan petrol verkoop teen R12-47 per liter in die Sentraal Transvaal gebied en diesel teen R11-41.Die Sentrale Energie Fonds (CEF), wat die brandstofprys maandeliks hersien, het die rede vir die prysverlaging aangegee as die daling in die ru-olieprys en die verbetering in die rand wisselkoers. Die voorsitter van die CEF is Don Mkhwanazi, wat ‘n noue band met Jacob Zuma oor die jare behou het, is ook bekend as “the father of BEE” vir sy leidende rol het hy gespeel het met die instelling van AAS (Afrikaans vir BEE).Die Suid-Afrikaanse rand het gedurende die tydperk 27 Maart tot 25 April gemiddeld teen R9-15 teenoor   


die VSA dollar verhandel teenoor die vorige maand se R9-19. Daar was dus nie veel sprake van ‘n beter wisselkoers met ‘n verbetering van minder as ‘n halwe persent nie. Die ru-olieprys het vir dieselfde twee tydperke onderskeidelik teen gemiddeld $103,99 en $109,74 verhandel, wat ‘n verlaging van ongeveer 5% is. Die ANC regime het die brandstofpryf vroeër vanjaar met ‘n addisionel heffing belas in die tyd toe die rand verswak en die ru-olieprys verhoog het.Die ru-olieprys se onlangse verlaging kan gedeeltelik toegeskryf word aan die swakker as verwagte ekonomiese groeisyfers wat deur die VSA en China bekend gemaak is.

No comments:

Post a Comment