Sunday, February 2, 2014

Sunette Bridges


Wat 'n dag! Net soos die wette in die land, geld die reëls vir 'n TV debat ook net vir ons... Ons was betyds... die res was 90 minute laat... en ons moes toe nog 30 minute wag sodat hulle die hompe kos kon verorber wat vir hulle opgedis was! Ons was 40... hulle was 150... Ons paneel is in die gehoor in gedruk en hulle het die vloer gehad... dis nou behalwe vir my wat toe moes kophou tussen Pieperige Pierre De vos - Pienk hempie en blou sokkies met geel kolletjies en al... Coke se SEB aanstelling, 'n Feminis uit Mosambiek en 'n BAIE kwaad swart vrou wat reken ons misken die pyn wat ons hulle aangedoen het na hulle vir 350 jaar lank ons slawe was...

Die program is begin met 'n 5 minute video-insetsel waar daar vertel is hoe ons hulle vertrap en mishandel en lelike name noem... en die juweel was Tutu se stukkie video waar hy reken ons moet dankbaar wees dat hulle nie die hele lot van ons uitmoor nie...

Die Kleurling en Koi-San groep wat daar was het behoorlik chaos veroorsaak omdat hulle nie 'n stoel op die vloer gehad het nie, en het midde die debat uitgeloop... 'n Sotho vrou het haar vir my gewip omdat ek geseg het ons het elkeen ons eie kultuur en dit staan hulle vry om hul vroue vir koeie te ruil, maar ons verkies om dit nie te doen nie...

Die kwaai swart vrou meen dat ons geen reg gehad het om 'n referendum te hou in 1992 nie, wat ons hoort in die eerste plek nie hier nie, so die besluit om hulle te laat stem, was nie ons s'n om te neem nie.

Pierre het nie veel ingekry nadat ek hom laat weet het dat hy my maar vir koffie moet nooi om sy persoonlike probleempies met my uit te sorteer en nie 'n TV debat moet misbruik vir sy "issues" nie...

Van die 11 lede in die gehoor wat 'n kans gekry het om te praat, was 5 burgers van die Kongolose Republiek wat hul "burgers in Diaspora" kom verteenwoordig het en 2 was "Domestic Workers" wat vir almal vertel het hoe aaklikg hulle werk is en hoe sleg die "Wit Madams" hulle behandel...

Die kersie op die koek was die EFF se "Token White", ou Wickus met die afdraende skouertjies, wat ons laat weet het dat as ons nie inval by die EFF se planne nie, moet ons padgee of hulle sal met ons afreken...

Eintlik was die debat die perfekte prentjie van die onoplosbare, nimmereindigende twis in 'n land wat bemark word aan die WERELD as die toonbeeld van vreedsame integrasie terwyl die werklikheid niks anders as een REUSE aborsie is nie...

Saluut aan die Klerulinge en San wat hulle nie laat stilmaak het nie... Dankie aan die verteenwoordigers van die groepe wat almal wou weet of hulle OOK Red October mag ondersteun... Selfs die verteenwoordigers van die Somaliërs, die Kongolese en Nigeriërs wat daar was het my hand kom skud om my te bedank vir die feit dat ek nie bang is om op te staan vir 'n minderheid wie se regte deur die ANC vertrap word nie...

Dit was 'n sirkus... maar die boodskap is duidelik: "The Rainbow nation has indeed failed!" Sx

No comments:

Post a Comment