Monday, April 29, 2013

Sunette Bridges

Ek is moeg vir die verskoning dat ons mense magteloos voel en daarom niks doen nie!

In 1992 was die boere kwaad oor een of ander bepaling oor die mielieprys (of so iets) en het Pretoria tot stilstand gebring met hul bakkies en trekkers en hul sin gekry. Nou word ons mense letterlik afgemaai en ons kry nie eers 500 mense om op te staan teen dit nie. Geen gesmeek en gesoebat by die boere kry hulle om tot aksie oor te gaan nie. Ons moet iets doen wat internasionaal aandag trek. Ons stilswye laat die buiteland dink ons is heel tevrede met die situasie. Ek praat gereeld met mense in die buiteland en hulle kannie glo dat ons nie saam staan en in opstand kom hieroor nie.

Verledejaar is 'n Ierse vrou in Melbourne vermoor. Die hele stad het tot stilstand gekom en 30 000 mense was die volgende dag in die strate met 'n protesoptog. Hulle het 'n nagwaak gehou.

http://www.youtube.com/watch?v=8TmrgERGhE8

In Perth in Australie het 'n dronkbestuurder 'n kind in sy huis doodgery. Die volgende dag was daar 'n nagwaak oor die voorval waar mense aangedring het dat die skuldige toegesluit word.

http://www.youtube.com/watch?v=WyhvskfqArc

In Boston is 3 mense dood in 'n bomontploffing en die hele stad is tot stilstad gebring totdat die skuldiges gevang was.

In Pretoria alleen woon 500 000 blanke, Afrikaanssprekende mense. As die Bulle speel is 70 000 van hulle op Loftus. As 4000 boere vermoor word en Afriforum reel 'n optog, is daar 300 mense... Dit het niks met magteloosheid te doen nie! Dit is pleinweg onbetrokkenheid en 'n kultuur van veg op jou sleutelbord met jou bier in die hand en jou TV op Supersport. As ons nie met ons self gaan eerlik wees hieroor nie, gaan ons verseker niks bereik nie.

No comments:

Post a Comment