Tuesday, May 21, 2013

Elderly man who helped homeless people murdered in Les Marais Wonderboom home: SAPS seeks info

Elderly man who helped homeless people murdered in Les Marais Wonderboom home: SAPS seeks info


Rating: 0.0/5 (0 votes cast)
Elderly man who helped destitute people murdered in Les Marais, Wonderboom home
Bejaarde man is in sy woning in Les Marais oorval en vermoor.
20 May 2013
’n Bejaarde man wat glo ’n hart vir haweloses gehad het, is Sondag dood by sy huis in Les Marais aangetref.
Volgens Adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisiestasie, was die man glo bekend vir sy vrygewende hart en het hy gedurig kos en klere aan haweloses uitgedeel.
Die man was na bewering by ’n internet-kafee opgemerk waarna hy en ander mense glo na sy huis gegaan het.
“Hy was later dood aangetref. Dit wil voorkom asof iemand hom oor die kop geslaan het, wat vermoedelik sy dood veroorsaak het,” het Olivier gesê.
Die verdagtes het blykbaar in die man se motor gevlug. Die voorval word tans deur die polisie ondersoek.
Olivier het gesê die oorledene se identiteit word tans weerhou.
Inwoners met enige inligting rakende die voorval word versoek om die polisie te kontak.
Navrae: Wonderboompoort-polisiestasie by 012-335-2811/2/3/4007.

http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/pretoria-moot/pretoria-moot-news-crime?oid=7472768&sn=Detail&pid=4980599&Vrygewige-bejaarde-vermoor

No comments:

Post a Comment