(Gordon) Bekende skrywer en gesin aangeval
14 Mei 2013
Gus Silber, ʼn skrywer en joernalis, en sy gesin is oor die naweek deur ʼn
groep gewapende mans in hul huis in Northcliff, Johannesburg, aangeval
en beroof.
Silber (56) en sy gesin is deur die groep rowers in hul huis in Acaciastraat oorweldig, het Beeld Dinsdag berig.
“Ek en my oudste dogter, Sarah-Jane (19), het omstreeks 18:30 in ons
huis se oprit stilgehou. Een van die mans het op my afgestorm en sy
vuurwapen op my gerig,” het Silber gesê.
“Dit is ʼn baie
eienaardige en vreemde gevoel as iemand ʼn vuurwapen op jou rig. Dit is
eers toe ek die tweede man, wat met ‘n haelgeweer wat korter gesaag is
gesien het, dat ek besef het die situasie is baie ernstig.”
Die
groep mans het daarna Silber se vrou, Amanda (54), en dogter, Rachael
(13), in die huis oorweldig en almal vasgebind, waarna hulle die huis
geplunder het.
Silber het die mans gesmeek om nie sy
skootrekenaar te vat met al sy werk op nie, maar sy versoek het op dowe
ore geval. Die mans het ʼn duvet oor die gesin gegooi waarna hulle in
Silber se voertuig gevlug het met rekenaars, iPads, selfone en ʼn kluis.
No comments:
Post a Comment