Tuesday, May 14, 2013

(Gordon) Werkers by die Lonmin platinummyn op Rustenburg in Noordwes het begin staak. Die meeste van die stakende werkers behoort aan die vakbond, AMCU. Die werkers wat op nagskof was, het geweier om ondergronds te gaan. Hulle is blykbaar ontevrede oor die afgelope ruk se moorde in die gebied. 'n Streeksleier van AMCU, die 46-jarige Steven Khululekile is Saterdag by 'n taverne op Nkaneng deur vier mans vermoor. Hy sou binnekort voor die Marikana Kommissie van Ondersoek getuig het. Dit is steeds onbekend of twee broers wat die naweek doodgeskiet is, ook lede van AMCU was.

No comments:

Post a Comment