Wednesday, May 8, 2013

Ek sien dit so!



Ek sien dit so!

Dinge verander ongelooflik vinnig. Om die waarheid te sê, hopeloos te vinnig na Neelsie se sin.
Slegs twintig jaar gelede nog het Suid-Afrika ‘n weermag gehad om op trots te wees. Daarby was ons geseënd met ‘n polisiemag uit die boonste rakke. Wat het van daardie manne en vroue geword? Hoe het hulle daarin geslaag om so maklik deel te raak van die alledaagse gros mense? Hier dink ek spesifiek aan die dapper manne wat diens gedoen het op ons grense.
Jong seuns is met die strengste dissipline denkbaar opgelei om te veg teen ‘n kommunistiese vyand, hulle is opgelei om te lewe en te sterwe, vir ons Suid-Afrika. Wat voel soos ‘n oogwink, het die jare verbygesnel en daardie mense deel geraak van die alledaagse sukkelbestaan wat die Ruwe Suid-Afrika ons elkeen bied. Die belangrikste vraag wat by my opkom is: Hoe kry hulle dit reg om aan te pas in ‘n land wat nou beheer word deur die einste terroriste teen wie hulle moes veg? Al is ek nie self een van die bevoorregtes om te kon dien in die ou SAW nie, maak die gedagte aan hierdie mense wat deur daardie stelsel gegaan het en steeds moet aanpas my baie hartseer.Miskien sal die dag nog aanbreek dat die ysters van die SAW weer opstaan en getel word. Dit is ‘n hoop wat ek uitspreek hoewel ek besef dat verraad genoeg is om enigiemand se veglus te blus. Net soos die haarkapper op die hoek, die kafee-eienaar in Brakpan, die brandweerman in Verwoerdburg en die polisieman in die tronk verraai is, is die soldate van ons eens trotse weermag verraai deur hul base. Ons is almal verraai en uitgelewer aan die barbaarse Suid-Afrika wat tans hoogty vier. Moet ook nie vir een oomblik dink ons vyande slaap nie, hulle is deeglik bewus van die ouderdomme van die manne wat laaste hul ordentlike opleiding ontvang het. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor hulle hierdie gaping tussen ervare en onervare manne uitbyt. Om dit eenvoudig te stel, of jy dit wil hoor of nie, ons is in die moeilikheid. Nie net ek en jy nie, maar ook ons vroue en kinders.Wat sal dan die mees logiese stap wees onder die huidige omstandighede? Berei jouself en jou geliefdes voor op die ergste en as die ergste nie kom nie, is dit goed. Maar as die ergste wel tref waarborg ek jou dat dit beter is om voorbereid te wees. Weereens, wees wakker, moenie dink jy kan nie volgende op die volksmoordlysie verskyn nie. Ek kyk liewer heeltyd rond en lyk soos ‘n meerkat as wat ek my braaf hou en van agter oorval word. En jy?
Boeregroete,
Kordaat Neelsie

No comments:

Post a Comment