Wednesday, May 8, 2013

OUDTSHOORN NUUSFLITS

Vrou in haar kamer verwurg 12:05 (GMT+2), Wed, 08 May 2013

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Haar suster is verwurg.
Só sê Charmaine Hartnick,  jonger suster van die vermoorde Janine van Rensburg (38) van Bonteboklaan 1267, Bridgton, wie se halfnaakte lyk Sondagoggend in die pakkamer waarin sy gewoon het, gevind is.

“Volgens die sterftesertifikaat is Janine verwurg, maar niemand is nog in verband met haar dood in hegtenis geneem nie,” het Hartnick Dinsdag aan die Oudtshoorn Courant gesê.

Natasha Jansen, ook ’n suster van die oorledene, het Sondagoggend op haar lyk afgekom toe sy haar wou gaan wakker maak.

Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'

No comments:

Post a Comment