Thursday, May 2, 2013



Volksmoord steeds kommerwekkend

In ’n eksklusiewe onderhoud met Volksmoord-Projek2010 deur die redaksie van Die Vryburger weereens eerstehandse inligting bekom.
Gedurende April vanjaar is daar 14 wreedaardige moorde op volksgenote gepleeg.Bevestigde gevalle wat deur Volksmoord-Projek2010 opgeteken staan cir die tydperk 1 Januarie tot 30 April 2013, word nie minder as 52 gevalle aangedui nie. Dit is twee gevalle meer as wat vir die ooreenstemmende tyd in 2012 aangeteken is.Die bestuur van Volksmoord-Projek2010 wys egter daarop dat daar enkele gevalle is wat nog nie volledige bevestiging voor verkry is nie, wat die bestaande syfer opwaarts kan beïnvloed.Die bestuur van Volksmoord-Projek2010 doen weer ’n beroep op lesers om soos verlede keer, positief te reageer op hul versoek om ’n finansiële bydrae te maak. Die Projek word uit volksgenote se sakke gefinansier en bykomende geldelike ondersteuning sal verwelkom word aangesien die fonds op die oomblik ’n laagtepunt bereik het.
Inbetalings kan gemaak word by die volgende bankrekening en donateurs moet seker maak dat die verwysing duidelik ingeskryf is:
Bank: Standard Bank
Rek.
Tipe: Tjek
Rek. No: 27 124 0490

No comments:

Post a Comment