Thursday, May 2, 2013



Zuma regering en die SAR rebelle
Die nuwe regeerders van die Sentraal-Afrika Republiek is rebelle wat ’n staatsgreep uitgeoefen het, en dit is genoeg rede om nie erkenning aan hulle te gee nie en geen ooreenkomste met hulle aan te gaan nie. Dit is absurd om nou ’n rebelle-oorgangsregering te erken.
Dít is die siening van Helmoed Heitman, ’n militêre kenner, na aanleiding van die SAR se eerste minister, Nicolas Tiangaye, se besoek aan pres. Jacob Zuma.Tiangaye is volgens Mac Maharaj, deur die rebelleleier (nou staatshoof van SAR), Michel Djotodia, gestuur om die naweek met Zuma te kom vrede maak.Die dekmantel vir die besoek was om betrekkinge tussen Suid-Afrika en die SAR te suiwer, maar Heitman meen deur erkenning aan die rebelle te gee, bevestig dit weer eens dat rebelleregerings vir Afrika aanvaarbaar is.Waarnemers meen dat Heitman gedeeltelik reg is in sy mening, maar dat in ag geneem moet word dat die moontlikheid bestaan dat die rebelle uiteindelik daarin mag slaag om die SAR te stabiliseer, demokratiese verkiesings te hou en daardeur geloofwaardigheid onder die burgery te vestig.Volgens Heitman raak die situasie in dié land by die dag meer kompleks en Suid-Afrika sal mooi moet dink voordat hy 


verder daar betrokke raak.Dit staan in kontras met wat pres. Zuma wou doen. Hy was op ’n stadium bereid om die slaankrag van die weermag te gaamn toets in die land, en het miljoene Rand vermors om wapentuig aldaar te ontplooi, om later weer voet in die wind te slaan sonder om een skoot te skiet.

No comments:

Post a Comment