Thursday, May 2, 2013



Storm bars los oor Madiba-video
’n Video van senior ANC-amptenare wat oudpres. Nelson Mandela by sy huis besoek, het ’n storm op sosiale netwerke ontketen.

Johannesburg – Gebruikers op sosiale netwerke soos Twitter en Facebook het Maandag fel kritiek uitgespreek op beeldmateriaal van oudpres. Nelson Mandela wat tydens 'n besoek van senior ANC-amptenare in sy huis in Houghton, Johannesburg, geneem is.In dié beeldmateriaal staar Mandela uitdrukkingloos voor hom uit terwyl pres. Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa en Baleka Mbete laggend om hom gesels.In ’n stadium maak Mandela sy oë toe wanneer 'n kamera naby hom flits.
“Hy (Mandela) is op en wakker en gestabiliseer. Ons is baie gelukkig en ons dink hy is piekfyn. Ons het ’n bietjie met hom gesels, sy blad geskud, hy het geglimlag,” het Zuma gesê.
Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het op sy beurt gesê Mandela is “gesond” en “in ’n uitstekende bui”.Die Suid-Afrikaanse publiek het egter nie saamgestem nie. Baie kykers het op Twitter en Facebook opgemerk dat Mandela nie gesond voorkom nie, en dat die regering nie eerlik is oor sy werklike toestand nie.Baie kykers het ook gemeen Mandela se waardigheid word deur die beeldmateriaal aangetas.“Geen bejaarde verdien dít nie,” het een twiet gelui.“Hy (Mandela) het die mensdom gedien. Laat hom nou met rus,” het 'n ander gesê.Die beeldmateriaal het gewys hoe mense om hom lag en gesels, terwyl sommige met selfone foto's neem.

No comments:

Post a Comment