Hou Geloftedag in stand
Die
Hoofsekretaris van die HNP, mnr. Louis van der Schyff, het in n verklaring gese
die afskaffing van Geloftedag is n verdere aanslag op die volk.Die verklaring
is uitgereik nadat die kommunistiese regeerders van die land besluit het om van
die vakansiedae te verminder aangesien Suid-Afrika 12 openbare vakansiedae het
teenoor ander Westerse lande wat meestal agt sulke dae het.De volledige
verklaring lui soos volg:Die aanbeveling deur die Kommissie vir die Bevordering
en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe dat
Geloftedag afgeskaf moet word, is net nog ’n aanslag teen die instellings en
gebruike van die Afrikanervolk.Daarby beveel dié kommissie aan dat ook Tweede
Kersdag en Paasmaandag as vakansiedae geskrap moet word. Alhoewel dié twee dae
nie in wese Christelike dae is nie, is dit tog nog altyd aan die twee
belangrikste Christendae, Christus se opstanding en Christus se geboorte
gekoppel.Geloftedag is geskiedkundig die belangrikste dag vir die
Afrikanervolk, maar dit is ook ’n dag wat soos ’n Sabbat aan God gewy moet word
omdat op dié dag in 1838 die Afikanervolk ’n bindende Gelofte aan die “heilige
God van hemel en aarde gemaak het… dat as Hy die vyand ons hand sal gee… ons
elke dag dié dag soos ’n Sabbat sal deurbring”.Met sy bewindsoorname het die
ANC Geloftedag verander na Versoeningsdag. Dit was toe reeds ’n aanslag teen
die Afrikaner en die christelike inslag van Geloftedag. Die ANC
het misluk om
Afrikaners hulle rug op die Gelofte te laat draai. Die gepoogde versoening het
by die opregte Afrikaner geen inslag gevind nie, maar dié Afrikaners het
voortgegaan om Geloftedag te herdenk. Inteendeel. Die bywoning van
Geloftefeeste groei jaarliks.Die HNP sal, ongeag die besluit van die regime,
voortgaan om Geloftedag te herdenk en landwyd Geloftefeeste vir die
Afrikanervolk reël. Ons roep die volk op om te volhard om die Gelofte gestand
te doen, en Geloftedag te herdenk soos ons voorvaders op 16 Desember 1838 in
geloof beloof het om te doen.
Louis van der
Schyff
Hoofsekretaris
No comments:
Post a Comment