Thursday, May 2, 2013



Ongelisensieerde oorlogstuig in woonhuis gevind
Toe die polisie die onwettige wapentuig in n man se huis vind, was sy verweer dat dit sy pa se eiendom was.
Die man, in sy middel dertiger jare, van Mountain View, Pretoria, is in hegtenis geneem vir die wapentuig wat in sy huis gevind is.

Sers. Ann Poortman van die SAPD het gesê die Hercules-polisie het rookgranate, ’n 60 mm-mortierbom, ’n geweer-granaat, twee handgranate, ’n rewolwer, ’n geweer wat van 1942 dateer en 30 patrone in die huis gevind, asook 25 kg dagga.“Die man het nie lisensies vir die wapens of ammunisie nie. Hy het beweer dat dit alles aan sy oorlede pa behoort het.Hy het dit maar in sy huis gehou ná sy pa se dood.
Hy is gearresteer op aanklagte van dagga besit, plofstof en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
 

No comments:

Post a Comment