Thursday, May 2, 2013



Brittanje se hulp verminder



Vanaf 2015 sal Brittanje nie meer direkte befondsing aan Suid-Afrika stuur nie. Dit is ná die beëindiging van ‘n ooreenkoms wat meer as 20 jaar van toepassing was.Die Britse hulpprogram aan Suid-Afrika beloop tans R264 miljoen. Tot 2003 is R556 miljoen aan die SA regering oorbetaal.
Die program het hoofsaaklik gefokus op bekamping van sterftes onder vroue wat geboorte skenk te laat daal, maar ’n deel is ook geallokeer om sakeondernemings te ondersteun wat in swartes se hande is.’n Bekende sakeman van Pretoria het hierop gereageer en gesê dit is duidelik dat Brittanje nog steeds betrokke is om die blankes, en in besonder die Boere-Afrikaner te ondermyn en te beveg.

No comments:

Post a Comment