Thursday, May 2, 2013



Die Grondwet beskerm ons nie!
 In ’n nuusbrief van die Herstigte Nasionale Party word lesers op belangrike feite bewus gemaak rakende die Grondwet van die Nuwe Suid-Afrika. Terwille van volledigheid word dit hier woordeliks geplaas:Toe F.W. de Klerk met sy “hervorming” van Suid- Afrika besig was, het hy hoog opgegee oor die wigte en teenwigte wat magsmisbruik deur die owerheid sou voorkom en almal se belange sou beskerm. Die sterkste daarvan was die sogenaamde “beste grondwet in die wêreld” met sy ingeboude Handves van Regte wat kwansuis landsburgers se regte beskerm. Teen dié tyd weet ons almal wat van De Klerk se wigte en teenwigte geword het. Die “regering van nasionale eenheid” was gou tot niet (wie onthou dit nog?) en De Klerk het hom uit die voete gemaak. Nie dat enigiemand daaroor spyt is nie, maar ons volk sit vasgevang in die gemors wat hy op ons afgelaai het, en om daaruit te kom, sal ‘n harde en langdurige stryd verg.Op sy “hervorming” het “transformasie” gevolg, wat in praktyk beteken dat die ganse samelewing verswart, verengels en op die waardes van die heidendom geskoei word. Inderdaad het hy Suid-Afrika onomkeerbaar verander, soos hy gesê het hy sou doen — die een keer wat hy nie gelieg het nie. Die Grondwet, wat, soos geglo word, private eiendomsreg beskerm, bevat soveel kwalifikasies dat niemand sy eiendom deur die bepalings daarvan veilig kan ag nie. Dit het Agri-SA onlangs uitgevind toe die Grondwetlike Hof — een van De Klerk se “teenwigte” — beslis het dat die Regering se konfiskering van minerale regte toe nie ongrondwetlik was nie en dat daar ook nie kompensasie voor betaal hoef te word nie.Hoe is dit moontlik? sou menigeen vra, en wat hou dié uitspraak vir grondeienaars in? Kan grond en enige ander eiendom nie op dieselfde basis deur die staat gevat word nie? Die antwoord is: ja, seker! Kom ons kyk bietjie na die tersaaklike artikels van die hooggeroemde Grondwet wat veronderstel is om jou reg op 




eiendom te beskerm:
Art. 25. (1) bepaal: “Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.”
Beskerm dié bepaling nou ons eiendomsreg? Kyk wat volg daarna:
“(2) Eiendom mag slegs ingevolge ’n algemeen
geldende regsvoorskrif onteien word –
(a) vir ’n openbare doel of in die openbare belang;
En
(b) onderworpe aan vergoeding…”
Die eerste vraag wat by mens opkom, is: wat beskou die Grondwet as eiendom? Die Grondwet self
beantwoord die vraag ondubbelsinnig:
“Eiendom is nie tot grond beperk nie”
(subart. (4)(b)). Met ander woorde, dit is alles en enigiets wat jy besit.
Wat is ‘n algemeen geldende regsvoorskrif? In praktyk beteken dit ‘n wet.
Dus: eiendom mag nie ontneem word nie behalwe as die Regering ‘n wet maak om dit
te ontneem!
Wat is in die openbare belang?:
“(4)(a) Die openbare belang (beteken) ook die nasie
se verbintenis tot grondhervorming, en
tot hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig.”
En die vergoeding wat betaalbaar is?
“(2)(b) Die bedrag en die tyd en wyse van betaling”
sal wees “óf (soos) deur diegene wat geraak word,aanvaar is óf deur ’n hof bepaal of goedgekeur is.”
As jou eiendom dus gevat word, en jy aanvaar nie die vergoeding wat jou aangebied word nie, kan jy hof
toe gaan (as jy dit kan bekostig). Die hof sal dan besluit of dit “regverdig en billik” is, en of jóú belange
“’n billike ewewig toon” met “die openbare belang.”
( Subart. 3). Ja, die markwaarde moet in ag geneem word, maar nêrens word uitgespel hoeveel gewig dit sal dra in vergelyking met die ander faktore wat ook oorweeg moet word nie.
Ten slotte:
(8) Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om
grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie
van die verlede reg te stel nie…”
Art 25 van die Grondwet, wat handel oor eiendom, maak voorsiening vir die “wettige” uitvoering van die
kommunistiese praktyk om eiendom, en veral vaste eiendom van private burgers te roof en ons besitlose




slawe van die Swart Staat te maak.
Die Onteieningswet wat tans onder bespreking is, is niks anders nie as ‘n algemeen geldende regsvoorskrif
om uitvoering te gee aan dit wat reeds in die Grondwet vasgelê is.
Staan op en werp die slawekettings van ons af!

No comments:

Post a Comment