Thursday, May 2, 2013



Nog n ANC foefie?


Baie miljoene Rand se trekkers en plaaswerktuie wat glo vir nuwe opkomende swart boere bedoel is, staan nou al maande lank op Vrede in die Vrystaat en stof opgaar.Blykbaar gebeur dieselfde ook in ander provinsies en belanghebbendes in die landbousektor sê dit vertraag die grondhervormingsproses.Selfs n ANC-LP. Salam Abram, het dit bestempel as “pure malligheid.”Waarnemers uit die Vrystaat het aan Die vryburger gese die skenkings van duur trekkers en werktuie aan sogenaamde opkomende boere is n nuwe foefie om stemme te werf vir die 2014 verkiesing. Volgens die segsman sal die geskenke seremonieel oorhandig word aan die swart opkomende boere op n tydstip wat die regerende party die beste sal pas.

No comments:

Post a Comment