Thursday, May 2, 2013



SIM-kaart bedrog

Die uitvoerende Hoof van Media24 is die jongste slagoffer van ’n SIM-kaart sindikaat.
Die sindikaat het haar van R360,000 beroof.Binne minute op ’n dag en sonder haar medewete is R1,5 miljoen uit Esmaré Weideman se huislening na haar tjekrekening oorgeplaas.Daarna is ’n totaal van R360,000 in kleiner bedrae na snaakse rekeningname oorgeplaas voordat Absa haar rekening bevries het.Weideman sê haar SIMkaart wou nie werk nie en sy het by MTN navraag gedoen. Hulle sê daar is geen fout nie.
Toe kry sy ’n oproep van ABSA se bedrogeenheid waarin sy in kennis gestel is dat haar dienste eers bevries is weens bedrog.
Sy het die saak by die SAPD aangegee en daar verneem sy van nog iemand wat ’n soortgelyke ervaring gehad het.
Deskundiges is van mening dat selfoon bankdienste, tesame met OTM-kaart onttrekkings, die grootste bedrog moontlikhede bied.

No comments:

Post a Comment