Thursday, May 2, 2013

 Man vas ná hy ANC-lede skil

Durban – 'n Man is in hegtenis geneem nadat hy drie ANC-lede in Umtshezi in KwaZulu-Natal geskiet het.'n Woordvoerder vir die polisie, kapt. Thulani Zwane, het gesê die 40-jarige verdagte is Vrydag in hegtenis geneem.Hy sal na verwagting binnekort in die Estcourt-landdroshof verskyn.

Zwane het gesê die man was glo betrokke in die skietery waarin twee ANC-lede ernstig beseer is.

Die een ANC-lid was 'n swanger vrou wat haar ongebore baba in die skietery verloor het.

Die ander ANC-lid is lig beseer.“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek drie sake van poging tot moord,” het Zwane gesê.Hy het gesê die polisie soek nog twee mense in verband met die skietery.

No comments:

Post a Comment