Thursday, May 2, 2013



Bewerings ontken oor rookkamer van R2,4 milj.
Durban – Die gesondheidsdepartement in KwaZulu-Natal het Dinsdag bewerings ontken dat hy tot R2,4 miljoen bestee het op die opgradering van 'n rookkamer.

Sam Mkhwanazi, woordvoerder, het gesê berigte oor dié aangeleentheid is nie korrek nie.

Hy het gesê die geld is gebruik vir 'n nuwe registrasiekantoor."Die projek het die verwydering van interne afskortings en vloerteëls behels, sowel as die opgradering van meganiese en elektriese installasies, insluitend lugversorging."Die werk het ook die opstel van die kantoor, die opgradering van toiletgeriewe, nuwe toonbake, nuwe mobiele rakke en toegangsbeheer ingesluit," het Mkhwanazi verduidelik.Mark Steele, woordvoerder vir die DA, het vroeër gesê sy party het 'n vraag ingedien by die LUR vir gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, om te vra waarom die departement sowat R2,4 miljoen spandeer het op 'n rookkamer by sy Natalia-kantoorgebou in Pietermaritzburg.
Steele het gesê die inligting was ingesluit by 'n verslag oor infrastruktuurprojekte wat op 18 April aan lede van die portefeuljekomitee oor gesondheid voorgelê is.
 

No comments:

Post a Comment