Thursday, May 2, 2013



Mandela se opgeruimde bui
In die afgelope week het die linkse media deurlopend oor Nelson Mandela se gesondheid berig.
Selfs die TV nuus kanale van Suid-Afrika, sowel as buitelandse kanale soos CNN en Skry News het berigte en beeldmateriaal uitgesaai.
Almal het probeer om sy gesondheidstoestand op te hemel met sinsnedes soos “in ’n opgewekte luim”, en ’n “heerlike gesels bui”.
Die foto’s en TV beeldmateriaal het egter ’n ander prentjie aan kykers gegee.Mandela was duidelik nie bewus van wat om hom aangaan nie. Terwyl pres. Zuma en ander al laggende sit en grappies maak, sit Mandela uitdrukkingloos en staar voor hom uit.Die Facebook en Twitter netwerke gons oor die skewe beeld wat die ANC probeer voorhou aan mense.Hy maak sy oe toe vir die kamera se flitse, en Zuma hou sy hand vas.Die indruk word geskep dat ANC woordvoerders die gewone publiek se intelligensie hopeloos onderskat.

No comments:

Post a Comment